GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR
Verslag oor regsaangeleenthede vir 2016
Wanneer ons Christenbroers en -susters regsprobleme en moeilike omstandighede ondervind, toon hulle dat hulle lojaal aan Jehovah God is. Hulle voorbeeld moedig ons aan om standvastig in die geloof te bly en gee ons die vertroue “dat Jehovah beslis die een wat teenoor hom lojaal is, sal onderskei”.—Ps. 4:3.
ARGENTINIË | Die reg om kinders godsdiensonderrig te gee
Ruth het in die waarheid grootgeword, maar het onbedrywig geword toe sy nog jonk was. Sy het later ’n verhouding met ’n man gehad en het ’n babadogtertjie gehad. Eendag het Ruth in die stad La Plata gesien dat Jehovah se Getuies tafelgetuieniswerk doen. Dit het haar laat dink aan hoe sy in die waarheid grootgeword het. Sy het vergaderinge weer begin bywoon en het haar dogtertjie oor die Bybel geleer. Die pa was gekant hierteen en het die saak na die familiehof geneem om te keer dat Ruth haar dogtertjie die Bybel leer of na die gemeentelike vergaderinge toe neem.
Ruth se prokureur het aangevoer dat albei ouers die reg het om hulle godsdiensoortuigings vir hulle kind te leer en dat die hof nie mag inmeng met hierdie reg nie, tensy daar bewys kan word dat die kind deur die godsdiensonderrig benadeel word. Die hof het beslis dat die ouers hulle dogter se reg op godsdiensvryheid moet respekteer, al was sy net vier jaar oud! Die appèlhof het gesê dat die kind te jonk was om haar eie besluit oor godsdiensonderrig te neem en dat albei ouers gelyke regte het om haar oor godsdiens te leer.
Ruth se dogtertjie lees elke aand haar Bybel en gaan saam met haar ma vergaderinge toe. Sy sien baie daarna uit om die Bethel in Buenos Aires te besoek.
AZERBEIDJAN | Die reg om godsdiensoortuiging te beoefen
Die apostel Paulus het gesê: “As een lid ly, ly al die ander lede saam met hom” (1 Kor. 12:26). Dit geld vandag ook in die Christengemeente. Jehovah se Getuies regoor die wêreld het diepe meegevoel gehad vir die lyding van suster Irina Zachartjenko en suster Walida Jabrajilowa in Azerbeidjan. In Februarie 2015 is hierdie twee susters aangekla van onwettige godsdiensbedrywighede. Die regter het hulle in verhoorafwagtende aanhouding geplaas en omdat die verhoor so dikwels uitgestel is, was die susters omtrent ’n jaar lank in die tronk. Hulle is baie sleg behandel en het nie genoeg kos en water gehad nie.
Toe hulle saak uiteindelik in Januarie 2016 verhoor is, het die regter hulle skuldig bevind en hulle beboet. Maar hy het die boetes gekanselleer omdat hulle alreeds maande lank in die tronk was en hulle is toegelaat om huis toe te gaan. Toe die Appèlhof van Bakoe hulle versoek om appèl teen die skuldigbevinding op kriminele aanklagte van die hand gewys het, het hulle by die Hooggeregshof appèl aangeteken. Hulle het ook ’n klag ingedien by die VN se Menseregtekomitee oor die skending van die reg om hulle godsdiensoortuiging te beoefen en oor hulle slegte behandeling.
Die susters herstel nou ná hulle tyd in die tronk. Hulle is baie dankbaar vir al die gebede en belangstelling van die broers en susters. Suster Jabrajilowa het aan die Bestuursliggaam geskryf: “Julle gebede het ons gehelp om te volhard tydens hierdie moeilike tyd, en ek kon dit regtig voel. Ek sal nooit die liefde en besorgdheid vergeet wat julle, Jehovah en my broers en susters van regoor die wêreld getoon het nie.”
ERITREA | In die tronk weens hulle geloof
Teen Julie 2016 het die regering van Eritrea 55 van Jehovah se Getuies weens hulle geloof in die tronk opgesluit. Drie broers, Paulos Eyassu, Isaac Mogos en Negede Teklemariam, is sedert September 1994 in die tronk en nog nege ander broers word al vir minstens tien jaar deur die regering aangehou.
In Januarie 2016 was daar ’n positiewe verwikkeling toe die Getuies wat by die Gedenkmaal in April 2014 in Asmara in hegtenis geneem is, in die hof verskyn het. Dit was die eerste keer dat die regering die Getuies amptelik van ’n “misdaad” aangekla het. Dit het die Getuies die geleentheid gegee om hulleself te verdedig. Die meeste broers en susters wat in die hof verskyn het, is soos verwag, skuldig bevind op die aanklag dat hulle ’n “onwettige” vergadering bygewoon het. Hulle is beboet en vrygelaat. Maar Saron Gebru, een van die susters wat aangekla is, het geweier om die boete te betaal. Sy is tot ses maande tronkstraf gevonnis. Suster Gebru kon een keer ’n week besoekers kry en sy het gesê dat sy goed behandel was. Sy en die 54 ander Getuies wat in die tronk is, waardeer die talle gebede van die broers wat “dink aan dié in gevangenisboeie asof [hulle] saam met hulle geboei is”.—Heb. 13:3.
DUITSLAND | Godsdiensvryheid—Wetlike erkenning
Op 21 Desember 2015 het die staat Bremen in noordwes-Duitsland ’n hoër vlak van wetlike erkenning aan die Godsdiensvereniging
van Jehovah se Getuies in Duitsland toegestaan. Dit het vier jaar geneem om hierdie proses af te handel. Ná ’n beslissing van die Hoër Administratiewe Hof in Berlyn, het die meeste van die 16 state in Duitsland hierdie wetlike erkenning aan Jehovah se Getuies toegestaan. Maar die owerheid in Bremen wou nie hierdie status aan die Getuies toestaan nie omdat teenstanders valse aantygings gemaak het.In 2015 het die Federale Grondwetlike Hof in Duitsland beslis dat die weiering in Bremen die konstitusionele regte van die Getuies geskend het. Die besluit het die grondwetlike waarborg op godsdiensvryheid van Jehovah se Getuies in Bremen bevestig. Die gemeentes in Bremen kan ook belastingvrystelling en ander voorregte geniet wat ander godsdienste in Duitsland het.
KIRGISTAN | Die reg om godsdiensoortuiging te beoefen
In Maart 2013 het die owerheid in Osj, Kirgistan, kriminele aanklagte versin teen Oksana Koriakina en haar ma, Nadezjda Sergienko. Die aanklaer het die Getuies daarvan beskuldig dat hulle mense gekul het om geld te kry terwyl hulle die Bybel met hulle bure bespreek het. Hulle is tot huisarres gevonnis totdat die saak sou voorkom. In Oktober 2014 het die hof bevind dat die bewyse vervals was, dat prosedures nie gevolg is nie en dat die susters onskuldig is. Die appèlhof het hierdie uitspraak in Oktober 2015 bekragtig.
Maar die stadsaanklaer van Osj het hierdie keer by die Hooggeregshof van Kirgistan geappelleer. Die Hof het die susters se vryspraak herroep en het ’n nuwe verhoor gelas. Tydens die verhoor in April 2016 het die prokureurs van die twee susters gevra dat die saak afgewys moet word aangesien dit die verjaringswet oorskry het. Die regter het geen ander keuse gehad as om die saak te beëindig nie, en dit het die kriminele saak afgehandel.
Jesaja 41:10 gesien: “Moenie bang wees nie . . . Ek sal jou werklik stewig vashou met my regterhand van regverdigheid.”
Die susters het altyd positief gebly. Suster Sergienko het gesê: “Mense word maklik verbitterd as hulle sleg behandel word, maar ek het altyd Jehovah se liefde en sorg ervaar. Hy het die broers en susters gebruik om ons te help—ons was nooit alleen nie.” Die susters het self die vervulling van Jehovah se belofte inKIRGISTAN | Godsdiensvryheid—Wetlike erkenning
Op 9 Augustus 2015 het tien polisiemanne by ’n gemeentelike vergadering in Osj, Kirgistan, ingestorm. Hulle het geëis dat die “onwettige” vergadering onmiddellik moet ophou en selfs gedreig dat hulle die meer as 40 broers en susters sal skiet. Die polisie het tien broers na die polisiestasie geneem waar hulle nege van die broers mishandel en geslaan het en hulle daarna vrygelaat het. Twee dae later is Noerlan Oesoepbaef gearresteer. Hy is een van die broers wat wreed geslaan is en hy is aangekla van onwettige godsdiensbedrywighede omdat hy die vergadering gehou het.
Toe die saak van broer Oesoepbaef in die Stadshof van Osj voorgekom het, het die regter geen bewyse van die aanklag teen hom gevind nie en het hy die saak afgewys. Die aanklaer het die saak by die Streekshof van Osj geappelleer en hulle het die appèl van die hand gewys. Dit het bevestig dat broer Oesoepbaef nie skuldig kon wees aan onwettige godsdiensbedrywighede nie, aangesien Jehovah se Getuies wetlik geregistreer is in Kirgistan.
Die aanklaer het toe die saak by die Hooggeregshof van Kirgistan geappelleer. Broer Oesoepbaef was baie verlig toe die Hooggeregshof die saak in Maart 2016 afgewys het. Dit het die bevindings van die laer howe bekragtig en weer eens bevestig dat Jehovah se Getuies in Kirgistan die reg het om
godsdiensvergaderinge te hou. ’n Hofsaak wat teen die polisiemanne van Osj gemaak is, is nog hangende.RUSLAND | Godsdiensvryheid
Ondanks besware van Russiese menseregte-organisasies, hou die Russiese regering aan om Jehovah se Getuies en hulle godsdiensbedrywighede teë te staan. Tot op hede het die owerheid 88 van ons publikasies as “ekstremisties” verklaar en het die amptelike webwerf van Jehovah se Getuies, jw.org, verbied. In 2015 het doeane-beamptes die invoer van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif verbied. ’n Hof in Vyborg besluit nog of hierdie moderne Bybelvertaling as “ekstremisties” verklaar moet word. In Maart 2016 het die kantoor van die hoofaanklaer gedreig om die nasionale hoofkwartier van Jehovah se Getuies in Solnetsjnoje, naby St. Pietersburg, vir beweerde “ekstremistiese bedrywighede” te sluit.
Maar ten spyte hiervan, is daar tog goeie nuus. In Oktober 2015 wou die aanklaer die plaaslike organisasie van Jehovah se Getuies in Tjoemen, 2 000 kilometer oos van Moskou, likwideer. Ten spyte van bewyse dat die polisie die bewysstukke na die toneel gebring het, het die Streekhof in Tjoemen die Plaaslike Godsdiensorganisasie (LRO) in Tjoemen skuldig bevind. Maar op 15 April 2016 het die Russiese Hooggeregshof die laer hof se bevinding omvergewerp en gesê dat “daar geen redes vir die likwidasie van die LRO van Jehovah se Getuies in Tjoemen is nie”. Toe die regter die uitspraak gelewer het, het die 60 broers en susters in die hofsaal die uitspraak staande toegejuig.
Jehovah se volk in Rusland is vasbeslote om aan te hou om Jehovah te dien, ongeag watter “wapen . . . teen [hulle] gesmee sal word”.—RWANDA | Reg op opvoeding sonder godsdiensdiskriminasie
In onlangse jare is die kinders van Jehovah se Getuies in Rwanda gedreig dat hulle geskors sal word omdat hulle nie aan patriotiese of godsdiensbedrywighede by die skool wil deelneem nie. Op 14 Desember 2015 het die regering ’n opdrag gegee om die probleem van godsdiensdiskriminasie in skole te beëindig. Die skole word in die opdrag versoek om die leerders se godsdiensvryheid te respekteer.
Op 9 Junie 2016 het jw.org onder Nuus ’n artikel gepubliseer met die titel “Rwanda tree op om godsdiensdiskriminasie in skole teë te werk”. ’n Gewilde aanlyn koerant in Rwanda het die artikel ook gepubliseer. Die koerant se webwerf het meer as 3 000 besoekers gehad en baie lesers het positiewe kommentare oor die regering se optrede gelewer. Getuies in Rwanda is baie dankbaar vir hierdie bevel wat verseker dat hulle kinders se opvoeding nie deur godsdiensdiskriminasie belemmer word nie.
SUID-KOREA | Gewetensvryheid—Gewetensbeswaar teen militêre diens
Manlike Getuies in Suid-Korea tussen die ouderdom van 19 en 35 het die afgelope 60 jaar voor die geskil van militêre diensplig te staan gekom. Die regering van Suid-Korea erken nie die reg op gewetensbeswaar nie en bied nie ’n alternatief vir diensplig nie. In sommige gevalle moes drie opeenvolgende geslagte Getuies—die seun, die pa en die oupa—tronk toe gaan wanneer hulle vir militêre diensplig opgeroep is.
Die Konstitusionele Hof het twee keer gesê dat die Militêre Diens-wetgewing grondwetlik is. Laer howe en diegene wat in
gevolge die wet gevonnis word, het weer die saak na die Konstitusionele Hof geneem. Die Hof het op 9 Julie 2015 die saak van die gewetensbeswaardes aangehoor. Broer Min-wan Kim, wat 18 maande lank in die tronk was omdat sy gewete hom nie toegelaat het om militêre diensplig te doen nie, verduidelik: “Ek is gestraf en uit die tronk vrygelaat. Maar ek hoop dat baie ander gewetensbeswaardes nie gestraf sal word nie. As hulle toegelaat word om alternatiewe diens te doen, sal dit ’n aanwins vir die gemeenskap wees.” Die Konstitusionele Hof sal binnekort die uitspraak lewer.TURKMENISTAN | Bahram Hemdemof
Die 53-jarige broer Hemdemof is getroud en het vier seuns. Hy is ’n ywerige dienaar van God wat in die gemeenskap gerespekteer word. In Mei 2015 is hy tot vier jaar dwangarbeid in die tronk gevonnis omdat hy ’n “onwettige” vergadering in sy huis gehou het. Hy word in ’n berugte strafkamp in Seydi aangehou. Hy is al etlike kere ondervra en is wreed deur die wagte geslaan. Maar hy en sy gesin bly lojaal aan Jehovah God. Broer Hemdemof se vrou, Goelzira, word toegelaat om hom te besoek en dit moedig hom baie aan.
Jehovah se volk bly lojaal ten spyte van beproewinge en ons bid vir hulle almal. Hulle voorbeeld help ons om ook lojaal aan Jehovah te bly. Ons glo vas in die belofte van Psalm 37:28: “Hy sal sy lojales nie verlaat nie.”