Die brief van Jakobus 1:1-27

  • Groete (1)

  • Volharding lei tot geluk (2-15)

    • Geloof wat getoets is (3)

    • Hou aan vra in geloof (5-8)

    • Begeerte lei tot sonde en dood (14, 15)

  • Elke goeie gawe is van bo (16-18)

  • Iemand wat woord hoor en doen wat dit sê (19-25)

    • Iemand wat in ’n spieël kyk (23, 24)

  • Rein en onbesmette aanbidding (26, 27)

1  Van Jakobus,+ ’n slaaf van God en van die Here Jesus Christus. Aan die 12 stamme wat oral verstrooi is: Groete!  My broers, julle moet baie bly wees wanneer julle deur allerhande moeilike tye gaan,+  want julle weet dat julle geloof tot volharding lei wanneer dit getoets is.+  Maar laat die volharding sy werk voltooi, sodat julle volkome en in alle opsigte sonder gebrek kan wees en in niks te kort skiet nie.+  As een van julle dan wysheid nodig het, moet hy aanhou om God te vra,+ want hy gee oorvloedig aan almal sonder om te verwyt,*+ en hy sal wysheid ontvang.+  Maar laat hom aanhou om in geloof te vra,+ sonder om enigsins te twyfel,+ want die een wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind aangedryf en heen en weer gewaai word.  Om die waarheid te sê, so iemand moenie verwag dat hy enigiets van Jehovah* sal ontvang nie.  Hy is ’n besluitelose mens,+ onstabiel in alles wat hy doen.  Maar laat die broer wat arm is, bly wees* omdat hy verhoog is,+ 10  en laat die ryke bly wees oor sy vernedering,+ want die ryke sal soos ’n blom van die veld vergaan. 11  Wanneer die son opkom en dit die plant met sy verskroeiende hitte laat verlep, val die blom af en verdwyn die pragtige voorkoms daarvan. Net so sal die ryke vergaan terwyl hy druk besig is met sy bedrywighede.+ 12  Gelukkig is die mens wat volhard in moeilike tye,+ want wanneer hy goedgekeur is, sal hy die kroon van die lewe ontvang,+ wat Jehovah* belowe het aan dié wat Hom altyd liefhet.+ 13  Laat niemand wat deur ’n moeilike tyd gaan, sê: “Ek word deur God getoets” nie. Want God kan nie met slegte dinge getoets word nie, en hy toets ook niemand met slegte dinge nie. 14  Maar elkeen word getoets wanneer hy deur sy eie begeerte gelok en verlei* word.+ 15  Daarna, wanneer die begeerte vrugbaar geword het,* lei dit tot sonde, en wanneer die sonde gepleeg is, lei dit tot die dood.+ 16  Moenie mislei word nie, my geliefde broers. 17  Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van bo,+ want dit daal neer van die Vader van die hemelse ligte,+ en hy verander nie soos die skaduwees wat verskuif nie.+ 18  Dit was sy wil om ons deur die woord van waarheid voort te bring,+ sodat ons in ’n sekere sin die eerstes* sal wees wat hy uit sy skepsele gekies het.+ 19  Weet dit, my geliefde broers: Elkeen moet gou wees om te hoor, stadig om te praat,+ stadig om kwaad te word,+ 20  want ’n mens se woede lei nie tot God se regverdigheid nie.+ 21  Raak dus ontslae van alle vuilheid en elke bietjie slegtheid,*+ en aanvaar met sagmoedigheid die woord wat in julle geplant word en wat julle kan red. 22  Moenie net hoor wat die woord sê nie, maar doen ook wat dit sê,+ want anders sal julle julleself met valse redenasies bedrieg. 23  Want as iemand net hoor wat die woord sê en nie doen wat dit sê nie,+ is hy soos iemand wat na sy gesig in ’n spieël kyk. 24  Hy kyk na homself en gaan dan weg en vergeet onmiddellik hoe hy lyk. 25  Maar die een wat diep kyk in die volmaakte wet+ wat tot vryheid lei en wat daarby bly, is nie iemand wat hoor en vergeet nie, maar iemand wat die werk doen, en hy sal gelukkig wees in wat hy doen.+ 26  As enigiemand dink dat hy ’n aanbidder van God* is, maar nie sy tong beheer* nie,+ bedrieg hy sy eie hart en is sy aanbidding verniet. 27  Die vorm van aanbidding* wat in die oë van ons God en Vader rein en onbesmet is, is dít: om na weeskinders+ en weduwees+ om te sien wanneer hulle deur moeilike tye gaan+ en om jouself nie deur die wêreld te laat besmet nie.+

Voetnote

Of “fout te vind”.
Lett. “spog”.
Of “asof met aas gevang”.
Lett. “bevrug is”.
Of “eerstelinge”. Sien Woordelys.
Of moontlik “en die oorvloed van slegtheid”.
Of “godsdienstig”.
Of “in toom hou”.
Of “Die godsdiens”.