Levitikus 4:1-35

  • Die sonde-offer (1-35)

4  Jehovah het verder vir Moses gesê:  “Sê vir die Israeliete: ‘As iemand onopsetlik sondig+ deur enige van die dinge te doen wat Jehovah beveel het nie gedoen mag word nie, dan moet die volgende gebeur:  “‘As die gesalfde priester+ sondig+ en skuld oor die volk bring, moet hy vir die sonde wat hy gepleeg het, ’n jong bul sonder gebrek vir Jehovah as ’n sonde-offer aanbied.+  Hy moet die bul na die ingang van die tent van samekoms+ voor Jehovah bring en sy hand op die bul se kop sit, en hy moet die bul voor Jehovah slag.+  Dan moet die gesalfde priester+ van die bul se bloed neem en dit in die tent van samekoms inbring.  Die priester moet sy vinger in die bloed steek+ en van die bloed sewe keer+ voor Jehovah spat, voor die gordyn* van die heiligdom.  Die priester moet ook van die bloed smeer aan die horings van die altaar van geurige reukwerk,+ wat voor Jehovah in die tent van samekoms is. Hy moet die res van die bul se bloed uitgooi aan die voet van die brandofferaltaar,+ wat by die ingang van die tent van samekoms is.  “‘Hy moet dan al die vet van die bul vir die sonde-offer verwyder, insluitende die vet wat die ingewande bedek en die vet wat om die ingewande is,  en die twee niere met die vet daaraan wat naby die lende is. En hy moet die vet* aan die lewer saam met die niere verwyder,+ 10  net soos gedoen word met die bul vir die vrede-offer.*+ En die priester moet dit op die brandofferaltaar laat rook. 11  “‘Maar wat die vel van die bul betref en al sy vleis met sy kop, sy pote, sy ingewande en sy mis+ 12  – die res van die bul – hy moet dit buitekant die kamp laat neem, na ’n rein plek waar die as* weggegooi word, en hy moet dit op hout met vuur verbrand.+ Dit moet verbrand word waar die as weggegooi word. 13  “‘En as die hele gemeenskap van Israel skuldig word deur onopsetlik te sondig+ en die gemeente nie daarvan bewus was dat hulle iets gedoen het wat Jehovah hulle beveel het om nie te doen nie,+ 14  en die sonde dan bekend word, moet die gemeente ’n jong bul as ’n sonde-offer aanbied en dit voor die tent van samekoms bring. 15  Die ouermanne van die gemeenskap moet daar voor Jehovah hulle hande op die bul se kop sit, en die bul moet voor Jehovah geslag word. 16  “‘Dan moet die gesalfde priester van die bul se bloed in die tent van samekoms inbring. 17  Die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe keer voor Jehovah spat, voor die gordyn.*+ 18  Hy moet dan van die bloed aan die horings van die altaar+ smeer wat voor Jehovah in die tent van samekoms is. Hy moet die res van die bloed uitgooi aan die voet van die brandofferaltaar, wat by die ingang van die tent van samekoms+ is. 19  Hy moet al die vet verwyder en dit op die altaar laat rook.+ 20  Hy moet met die bul doen net soos hy met die ander bul vir die sonde-offer gedoen het. Dit is hoe hy dit moet doen, en die priester moet vir hulle versoening doen,+ en hulle sal vergewe word. 21  Hy moet die bul buitekant die kamp laat neem en moet dit verbrand, net soos hy die eerste bul verbrand het.+ Dit is ’n sonde-offer vir die gemeente.+ 22  “‘Wanneer ’n hoofman+ onopsetlik sondig deur een van al die dinge te doen wat Jehovah sy God beveel het nie gedoen mag word nie en hy skuldig word, 23  of as hy bewus word van ’n sonde wat hy teen die gebod gepleeg het, dan moet hy ’n jong bokram sonder gebrek as sy offer bring. 24  Hy moet sy hand op die kop van die boklam sit en dit slag op die plek waar die brandoffer voor Jehovah geslag word.+ Dit is ’n sonde-offer. 25  Die priester moet van die bloed van die sonde-offer met sy vinger neem en dit aan die horings+ van die brandofferaltaar smeer, en hy moet die res van die bloed aan die voet van die brandofferaltaar uitgooi.+ 26  Hy moet al die vet daarvan op die altaar laat rook soos die vet van die vrede-offer;*+ en die priester moet vir hom versoening doen vir sy sonde, en hy sal vergewe word. 27  “‘As enigeen van die volk van die land onopsetlik sondig en skuldig word deur een van die dinge te doen wat Jehovah beveel het nie gedoen mag word nie,+ 28  of as hy bewus word van ’n sonde wat hy gepleeg het, dan moet hy ’n jong bokooi sonder gebrek as sy offer bring vir die sonde wat hy gepleeg het. 29  Hy moet sy hand op die kop van die sonde-offer sit en die sonde-offer op dieselfde plek as die brandoffer slag.+ 30  Die priester moet van die bloed daarvan met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, en hy moet die res van die bloed aan die voet van die altaar uitgooi.+ 31  Hy moet al die vet daarvan verwyder,+ net soos die vet van die vrede-offer* verwyder word,+ en die priester moet dit op die altaar laat rook as ’n aangename* geur vir Jehovah. Die priester moet vir hom versoening doen, en hy sal vergewe word. 32  “‘Maar as hy ’n lam as sy sonde-offer bring, moet hy ’n ooilam sonder gebrek bring. 33  Hy moet sy hand op die kop van die sonde-offer sit en dit as ’n sonde-offer slag op die plek waar die brandoffer geslag word.+ 34  Die priester moet van die bloed van die sonde-offer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer,+ en hy moet die res van die bloed aan die voet van die altaar uitgooi. 35  Hy moet al die vet daarvan verwyder net soos die vet verwyder word van die jong skaapram vir die vrede-offer,* en die priester moet dit op die altaar laat rook bo-op Jehovah se vuuroffers.+ Die priester moet vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gepleeg het, en hy sal vergewe word.+

Voetnote

Of “voorhangsel”.
Of “aanhangsel”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “vetterige as”, d.w.s. as wat met die vet van die offerandes deurdrenk is.
Of “voorhangsel”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “gemeenskapsoffer”.