Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VRAAG 5

Wat is die Bybel se boodskap?

“Ek sal vyandskap laat ontstaan tussen jou en die vrou en tussen jou nageslag en haar nageslag. Hy sal jou kop vergruis, en jy sal hom in die hakskeen wond.”

Genesis 3:15

“Deur middel van jou nageslag sal al die nasies van die aarde ’n seën vir hulleself verkry omdat jy na my stem geluister het.”

Genesis 22:18

“Laat u Koninkryk kom. Laat u wil plaasvind op die aarde, net soos in die hemel.”

Matteus 6:10

“Die God wat vrede gee, sal Satan binnekort onder julle voete vergruis.”

Romeine 16:20

“Wanneer alles aan hom onderwerp is, sal die Seun hom ook onderwerp aan die Een wat alles aan hom onderwerp het, sodat God alles vir elkeen kan wees.”

1 Korintiërs 15:28

“Die beloftes is aan Abraham en aan sy nageslag gemaak . . . , en dit is Christus. Wat meer is, as julle aan Christus behoort, is julle werklik Abraham se nageslag.”

Galasiërs 3:16, 29

“Die koninkryk van die wêreld het die Koninkryk van ons Here en van sy Christus geword, en hy sal vir ewig en altyd as koning regeer.”

Openbaring 11:15

“Toe is die groot draak neergegooi, die oorspronklike slang, die een wat Duiwel en Satan genoem word, wat die hele aarde mislei. Hy is na die aarde neergegooi, en sy engele is saam met hom neergegooi.”

Openbaring 12:9

“Hy het die draak gegryp, die oorspronklike slang, wat die Duiwel en Satan is, en hom vir 1 000 jaar gebind.”

Openbaring 20:2