Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Artikels vir jongmense Ek is 12 jaar oud, en ek geniet dit baie om julle tydskrifte te lees. Voordat ek julle tydskrifte begin lees het, was dit baie moeilik vir my om met my vriende oor die weg te kom omdat hulle almal ouer as ek is. Maar nadat ek die “Jongmense vra . . . ”-artikels gelees het, is dit makliker vir my om met hulle oor die weg te kom. Dankie vir julle tydskrifte. Hulle is baie nuttig.

N. I., Rusland

’n Nuwe taal Dankie vir die nuttige wenke in die artikel “Wil jy ’n ander taal aanleer?” (8 Januarie 2000). Ek het twee jaar gelede Spaans begin leer, en my kennis van hierdie taal is baie nuttig. Tydens ’n onlangse internasionale byeenkoms kon ek baie mede-Christene van ander lande help.

K.L.R., Brasilië

Ek leer al vir die afgelope drie jaar Frans, en ek moet dankie sê vir die artikel. Dit was so bemoedigend! Ek gaan my studies met hernieude vasbeslotenheid voortsit, en ek hoop en bid dat ek eendag my kennis van die taal in een of ander aspek van my Christelike bediening sal kan gebruik.

L. C., Verenigde State

Hier in Beiere is daar baie buitelanders. Hoewel die meeste Duits praat, reageer hulle beter op die goeie nuus van die Bybel as hulle dit in hulle moedertaal hoor. Aangesien baie van hulle van Rusland af kom, het ek besluit om hulle taal te leer. Julle is reg wanneer julle sê dat dit ’n uitdaging is. Maar ek het al die eerste struikelblok oorkom, naamlik om die alfabet te leer—en die letters lyk nie meer vir my soos Egiptiese hiërogliewe nie.

B. K., Duitsland

Julle het voorgestel dat ’n mens oudiokassette gebruik om ’n taal te leer terwyl jy bestuur. Ek dink nie dit is ’n goeie idee om voor te stel dat ons iets doen wat konsentrasie verg terwyl ons bestuur nie. Dit kan ’n ongeluk veroorsaak.

K. S., Japan

Ons het by verskeie padveiligheidsorganisasies navraag gedoen, en nie een kon ons enige navorsing voorsien wat toon dat dit enigsins gevaarliker is om na opvoedkundige oudiokassette te luister terwyl ’n mens bestuur as wat dit is om na musiek te luister of om met passasiers te gesels nie. Die herinnering om versigtig te wees terwyl ons bestuur, word nogtans waardeer.—RED.

Bloedlose chirurgie Ek wil julle graag bedank vir die reeks “Bloedlose geneeskunde en chirurgie—al hoe gewilder” (8 Januarie 2000). Dit het gehelp om sommige van die vooroordele wat mense teen Jehovah se Getuies het uit die weg te ruim. Ek het ’n aantal tydskrifte na my kantoor geneem en dit vir my kollegas aangebied. Gedurende middagete het ek gesien hoe ’n medewerker die tydskrif gretig lees. Hy het later na my toe gekom en gesê: “Ek sou nooit gedink het dat die tydskrif soveel interessante artikels bevat nie!”

I. S., Tsjeggiese Republiek

Insekte Dankie vir die artikel “Die verstommende wêreld van insekte” (8 Januarie 2000). Die inligting, wat ongetwyfeld die produk van deeglike navorsing is, is goed aangebied. Ek wou TV kyk, maar ek het eerder die Ontwaak! gelees. Nadat ek hierdie artikel gelees het, het ek geweet dat ek die regte keuse gemaak het.

O. K., Frankryk

Omdat ek nie ’n logiese verduideliking vir die bestaan van insekte gehad het nie, het ek gedink dat Jehovah hulle geskep het om seker te maak dat mense hulle huise skoon hou. Maar hierdie artikel het vir my gewys dat insekte nog ’n bladsy in die boek van die skepping is, waaruit ons meer oor ons wonderlike Skepper kan leer.

A. A., Verenigde State