Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vir gesinsbespreking

Vir gesinsbespreking

Wat is verkeerd in hierdie prent?

Lees Lukas 17:11-19. Watter drie dinge is verkeerd in hierdie prent? Skryf jou antwoorde hieronder neer, en voltooi die prent deur dit in te kleur.

VIR BESPREKING:

Wat het een melaatse gedoen wat die ander nie gedoen het nie?

LEIDRAAD: Lees Lukas 17:15, 16.

Hoe kan jy sy voorbeeld navolg?

LEIDRAAD: Lees Kolossense 3:15; 1 Tessalonisense 5:18.

Vir wie moet jy elke dag dankie sê?

LEIDRAAD: Lees Psalm 107:8; Jakobus 1:17.

GESINSAKTIWITEIT:

Laat elke gesinslid ten minste een rede neerskryf waarom hy of sy dankbaar is teenoor Jehovah God, teenoor een van die gesinslede en teenoor ’n goeie vriend buite die gesin. Skryf dan neer op watter praktiese maniere elke gesinslid sy waardering teenoor hierdie persone kan toon.

 Versamel en leer

BYBELKAART 21 MOSES

VRAE

A. Watter Bybelboeke het Jehovah Moses geïnspireer om te skryf?

B. Moses se ouers se name was ․․․․․ en ․․․․․. Hy is aangeneem deur ․․․․․ ․․․․․.

C. Voltooi die Bybel se stelling: Moses “het standvastig gebly asof . . .”

PROFIEL

Moses, die eerste man in die Bybel wat die krag gegee is om wonderwerke te verrig, het as God se profeet gedien, en hy was ook ’n regter, wetgewer en leier in eertydse Israel. Die Israeliete het hom beskou as ’n man wat talle ontsagwekkende dinge gedoen het.—Deuteronomium 34:10-12; Eksodus 4:1-9.

ANTWOORDE

A. Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri, Deuteronomium en Job, sowel as Psalm 90 en moontlik Psalm 91.

B. Amram, Jogebed, Farao se dogter.—Eksodus 1:15–2:10; 6:20.

C. “. . . hy die Onsigbare sien”.—Hebreërs 11:27.

Volke en lande

4. My naam is Mampionona. Ek is agt jaar oud, en ek woon in Madagaskar. Omtrent hoeveel Getuies van Jehovah is daar in Madagaskar? Is dit 10 000, 24 000 of 62 000?

5. Watter kolletjie wys waar ek woon? Trek ’n sirkel daarom, maak ’n kolletjie waar jy woon en kyk hoe ver jy van Madagaskar af is.

Prentejag vir kinders

Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.

 ANTWOORDE

  1.   Daar moet 10 melaatses wees, nie 11 nie.
  2.   Die melaatses in hierdie verslag was almal mans.
  3.   Die man wat teruggekom het, “het voor Jesus se voete op sy gesig geval en hom gedank”.
  4.   24 000.
  5.   B.