Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Die omgewing in die kollig

Die omgewing in die kollig

Hoewel die aarde vars lug, gesonde voedsel en vars water produseer, hou mense aan om hierdie natuurlike prosesse te versteur. Wetenskaplikes soek dringend na oplossings om die omgewing te bewaar.

Australië

Volgens skatting kom tot 500 000 kubieke kilometer water met ’n lae soutgehalte onder die wêreld se oseaanvloer voor. “Die seevlak was [eens] baie laer as vandag”, sê Vincent Post van die Universiteit van Flinders in Adelaide. Die kuslyn het dus verder in die see ingestrek. Destyds het die reën “die grondwatervlak opgevul in gebiede wat vandag onder die see is”. Wetenskaplikes hoop dat hierdie ondersese watervoorraad mettertyd van die meer as 700 miljoen mense kan help wat beperkte toegang tot skoon water het.

Saharawoestyn

Die helfte van die groot diersoorte wat eens in die Sahara gevind is, het of verdwyn of is nou beperk tot slegs 1 persent of minder van hulle oorspronklike habitat. Onstabiliteit in sekere gebiede en wydverspreide jagtery is net gedeeltelik verantwoordelik hiervoor. Hoewel die biodiversiteit van woestyne net so groot is soos dié van woude, skenk wetenskaplikes minder aandag aan woestyne omdat daar nie genoeg finansiële ondersteuning hiervoor is nie. Gevolglik is dit vir natuurbeskermers moeilik om die bedreigde woestyn-ekosisteme te monitor.

Wêreld

Volgens skatting het 1 uit elke 8 persone in 2012 as gevolg van lugbesoedeling gesterf. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê: “Lugbesoedeling is nou die grootste omgewingsgesondheidsgevaar in die wêreld.”