Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONTWAAK! Nr. 4 2017 | Doen jy dalk te veel?

Mense is vandag só besig. En dit veroorsaak soms probleme in die gesin en in hulle verhouding met ander.

Hoe kan ons ons tyd wyslik gebruik?

’n Wyse man het geskryf: “’n Hand vol rus is beter as ’n dubbele hand vol harde werk en ’n gejaag na die wind.”—Prediker 4:6.

Hierdie Ontwaak! gee praktiese wenke oor hoe ons ons tyd wyslik kan gebruik en prioriteite kan stel.

 

VOORBLADONDERWERP

Doen jy dalk te veel?

Baie mense sukkel om die balans te vind tussen hulle werk en hulle lewe by die huis. Wat veroorsaak dit? En wat kan help?

Die merkwaardige Arktiese seeswaeltjie

Daar is geglo dat die Arktiese seeswaeltjie jaarliks omtrent 35 000 km vlieg, vanaf die Arktiese streek tot by Antarktika en terug. Maar hierdie voël se storie is net soveel merkwaardiger.

’n Goeie naam is beter as groot rykdom

Dit is moontlik om ’n goeie naam en die respek van ander te verkry. Maar hoe?

HULP VIR DIE GESIN

Wanneer die kinders die huis verlaat het

Party egpare kom voor groot uitdagings te staan wanneer hulle kinders groot is en die huis verlaat het. Wat kan ouers doen om by die “leë nes” aan te pas?

ONDERHOUD

’n Breinnavorser verduidelik waarom hy aan God glo

Professor Rajesh Kalaria gesels oor sy werk en sy geloof. Hoekom het hy in die wetenskap begin belangstel? Hoekom het hy later sy opinie oor die oorsprong van lewe verander?

DIE BYBEL SE BESKOUING

Versoeking

Gebroke huwelike, swak gesondheid, ’n skuldige gewete​—⁠dit is maar net ’n paar van die gevolge as ’n mens voor versoeking swig. Hoe kan ons hierdie strik vermy?

IS DIT ONTWERP?

Die briljante blou van die Pollia-bessie

Hierdie bessie het geen blou pigment nie, tog het dit die helderste blou kleur wat nog aan ’n plant gesien is. Wat gee hierdie bessie dan sy pragtige kleur?

Nog aanlyn materiaal

Kan die Bybel my help om ’n gelukkige gesinslewe te geniet?

Wyse raad uit die Bybel het reeds miljoene mans en vroue gehelp om ’n gelukkige gesinslewe te geniet.

Monica Richardson: ’n Dokter verduidelik waarom sy aan God glo

Sy het haar afgevra of geboorte ’n wonderwerk is en of dit ’n ontwerper het. Tot watter gevolgtrekking het sy gekom as gevolg van haar ondervinding as dokter?