Laat Jehovah julle huwelik versterk en beskerm
“As Jehovah nie die stad bewaak nie, het die wag tevergeefs wakker gebly.”—PS. 127:1b.
1, 2. (a) Hoe het dit gebeur dat 24 000 Israeliete wonderlike seëninge verbeur het? (b) Waarom is hierdie eertydse gebeurtenis vir ons van belang?
KORT voordat die nasie Israel die Beloofde Land binnegegaan het, het duisende mans “onsedelike gemeenskap met die dogters van Moab” gehad. Gevolglik is 24 000 mans op bevel van Jehovah doodgemaak. Dink net—die Israeliete was op die punt om hulle langverwagte erfenis te ontvang, maar hulle het wonderlike seëninge verbeur omdat hulle voor versoeking geswig het.—Num. 25:1-5, 9.
2 Hierdie tragiese voorbeeld is opgeteken “as ’n waarskuwing vir ons op wie die eindes van die stelsels van dinge gekom het” (1 Kor. 10:6-11). Nou, aan die einde van “die laaste dae”, is God se knegte op die drumpel van ’n regverdige nuwe wêreld (2 Tim. 3:1; 2 Pet. 3:13). Maar ongelukkig het party van Jehovah se aanbidders hulle waaksaamheid laat verslap. Hulle het in die strik van onsedelikheid getrap en het die wrange vrugte van hulle onsedelike gedrag gepluk. Hulle loop die gevaar om ewige seëninge te verbeur.
3. Waarom het egpare Jehovah se leiding en beskerming nodig? (Sien prent aan begin van artikel.)
3 Aangesien die plaag van onsedelikheid vandag so Psalm 127:1.) Ons sal bespreek hoe ’n egpaar hulle huwelik kan versterk deur hulle hart te bewaak, nader aan God te kom, hulle met die nuwe persoonlikheid te beklee, betekenisvolle kommunikasie te behou en die huweliksplig na te kom.
wydverspreid is, het egpare Jehovah se leiding en beskerming nodig sodat hulle pogings om hulle huwelik te beskerm, nie tevergeefs sal wees nie. (LeesBEWAAK JOU HART
4. Wat het daartoe aanleiding gegee dat party Christene in die strik van onsedelikheid getrap het?
4 Wat kan daartoe aanleiding gee dat ’n Christen in die strik van onsedelikheid trap? Die rampspoedige weg van onsedelikheid begin dikwels met die oë. Jesus het verduidelik: “Elkeen wat aanhou om na ’n vrou te kyk om hartstog vir haar te hê, [het] reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg” (Matt. 5:27, 28; 2 Pet. 2:14). Baie Christene wat hulle aan onsedelikheid skuldig gemaak het, het hulle sedelike weerstand laat verswak deur na pornografie te kyk, erotiese lektuur te lees of na skokkende materiaal op die Internet te kyk. Ander het na seksueel eksplisiete rolprente, toneelopvoerings of televisieprogramme gekyk. Party het nagklubs besoek, na ontkleedansvertonings gaan kyk of na masseersalonne gegaan vir sensuele masserings.
5. Waarom moet ons ons hart bewaak?
5 Party swig voor versoeking omdat hulle by die verkeerde persoon aandag soek. In ’n wêreld waar mense min selfbeheersing het en uit elke soort onsedelikheid genot put, kan ons verraderlike en desperate hart maklik romantiese gevoelens ontwikkel vir iemand wat nie ons huweliksmaat is nie. (Lees Jeremia 17:9, 10.) Jesus het gesê: “Uit die hart kom daar . . . goddelose redenasies, moorde, egbreuk, hoererye.”—Matt. 15:19.
6, 7. (a) Wat kan gebeur as verkeerde begeertes in ’n bedrieglike hart posvat? (b) Hoe kan ’n onsedelike weg vermy word?
6 Sodra ongeoorloofde begeertes posvat in die verraderlike harte van twee mense wat tot mekaar aangetrokke voel, sal hulle dalk sake met mekaar begin bespreek wat hulle net met hulle huweliksmaat behoort te bespreek. Kort voor lank skep hulle al hoe meer geleenthede om saam te wees, en skynbaar onskuldige en toevallige ontmoetings vind meer dikwels plaas. Namate hulle gevoelens sterker word, word hulle sedelike weerstand al hoe swakker. Hoe verder hulle op hierdie sondige weg wandel, hoe moeiliker word dit om terug te draai, al weet hulle dat wat hulle doen, verkeerd is.—Spr. 7:21, 22.
7 Hulle geestelike weerstand word geleidelik swakker wanneer verkeerde begeertes en ongepaste gesprekke daartoe lei dat hulle hande vashou, soen, omhels, mekaar op ’n hartstogwekkende, intieme wyse liefkoos en ander liefdesblyke aan mekaar betoon wat slegs hulle huweliksmaat toekom. Uiteindelik word hulle “deur [hulle] eie begeerte meegesleep en verlok [“gevang asof met lokaas”, vtn. in NW]”. Wanneer die begeerte vrugbaar geword het, “baar dit sonde”—in hierdie geval, seksuele onsedelikheid (Jak. 1:14, 15). Hoe tragies tog! Hulle kon hierdie onsedelike weg vermy het as hulle Jehovah toegelaat het om hulle respek vir die heiligheid van die huwelik te versterk. Maar hoe?
HOU AAN OM NADER AAN GOD TE KOM
8. Hoe bied vriendskap met Jehovah sedelike beskerming?
8 Lees Psalm 97:10. Vriendskap met Jehovah bied noodsaaklike sedelike beskerming. As ons oor God se innemende eienskappe leer en daarna streef om ‘navolgers van God te word, as geliefde kinders, en voortgaan om in liefde te wandel’, sal dit ons versterk om “hoerery en elke soort onreinheid” te verwerp (Ef. 5:1-4). Die wete dat ‘God hoereerders en egbrekers sal oordeel’, spoor egpare aan om hulle in te span om hulle huwelik eerbaar en sonder verontreiniging te hou.—Heb. 13:4.
9. (a) Hoe het Josef onsedelikheid weerstaan? (b) Watter lesse kan ons uit Josef se voorbeeld leer?
9 Party van God se getroue knegte het hulle sedelike weerstand laat verswak deur ná ure te assosieer met werksmaats wat nie Getuies is nie. Versoeking kan selfs gedurende werkstyd ontstaan. Dit was by sy werk dat ’n aantreklike jong man met die naam Josef besef het dat sy werkgewer se vrou tot hom aangetrokke voel. Dag ná dag het sy hom probeer verlei. Uiteindelik “het sy hom aan sy kleed gegryp en gesê: ‘Kom lê by my!’” Maar Josef het van haar af weggehardloop. Wat het Josef die geestelike krag gegee om hierdie versoeking te weerstaan? Sy vaste voorneme om nie sy verhouding met God te skaad nie, het hom gehelp om kuis te bly en sy onkreukbaarheid te handhaaf. Sy standvastigheid het hom wel sy werk gekos en hom ten onregte in die tronk laat beland, maar Jehovah het hom geseën (Gen. 39:1-12; 41:38-43). Hetsy by die werk of op ’n ander plek, Christene moet situasies vermy wat hulle in die versoeking kan bring om hulle aan onsedelikheid skuldig te maak.
BEKLEE JULLE MET DIE NUWE PERSOONLIKHEID
10. Watter sedelike beskerming bied die nuwe persoonlikheid?
10 Omdat die nuwe persoonlikheid “na God se wil in ware regverdigheid en lojaliteit geskep is”, is dit ’n noodsaaklike deel van ’n egpaar se geestelike verdedigingstelsel (Ef. 4:24). Diegene wat hulle met hierdie nuwe persoonlikheid beklee, ‘maak hulle liggaamsdele dood ten opsigte van hoerery, onreinheid, geslagsdrif, skadelike begeertes en hebsug’. (Lees Kolossense 3:5, 6.) Die woorde ‘maak dood’ dui daarop dat ons streng moet optree om teen onsedelike vleeslike begeertes te stry. Ons sal enigiets vermy wat seksuele begeertes in ons kan wek vir iemand wat nie ons huweliksmaat is nie (Job 31:1). Wanneer ons ons lewe na God se wil vorm, leer ons om te “verafsku wat goddeloos is” en om “[vas te hou] aan wat goed is”.—Rom. 12:2, 9.
11. Hoe kan die nuwe persoonlikheid ’n huwelik versterk?
11 Die nuwe persoonlikheid weerspieël “die beeld van die Een wat dit geskep het”, Jehovah (Kol. 3:10). Watter seëninge bring dit tog mee wanneer mans en vrouens hulle sedelike weerstand versterk deur hulle te beklee “met die tere geneenthede van medelye, goedhartigheid, ootmoed [of, “nederigheid”], sagmoedigheid en lankmoedigheid”! (Kol. 3:12). Hulle geniet ook groter vrede in die huwelik wanneer hulle toelaat dat “die vrede van die Christus [hulle] harte beheers” (Kol. 3:15; vtn. in NW). Hoe lonend is dit tog as ’n egpaar “tere geneentheid vir mekaar” het! Dit verskaf hulle vreugde om “die leiding [te neem] in eerbetoning aan mekaar”.—Rom. 12:10.
12. Watter eienskappe meen jy is belangrik vir ’n gelukkige huwelik?
12 Toe Sid gevra is watter eienskappe tot hulle gelukkige huwelik bydra, het hy gesê: “Liefde is die vernaamste eienskap wat ons altyd probeer sterk hou. En ons het ook gevind dat sagmoedigheid baie
belangrik is.” Sy vrou, Sonja, stem saam, en sy voeg by: “Goedhartigheid is beslis noodsaaklik. En ons probeer ook om nederigheid aan die dag te lê, al is dit nie altyd maklik nie.”BEHOU BETEKENISVOLLE KOMMUNIKASIE
13. Wat is een van die sleutels tot ’n sterk huwelik, en waarom?
13 Liefdevolle kommunikasie is ongetwyfeld een van die sleutels tot ’n sterk huwelik. Hoe hartseer sal dit tog wees as huweliksmaats in hulle spraak minder respek vir mekaar toon as vir wildvreemdelinge of selfs vir hulle troeteldiere! As egpare teen mekaar uitvaar met “kwaadwillige bitterheid en toorn en gramskap en geskreeu en smadende taal”, breek hulle die geestelike verdedigingstelsel van hulle huwelik af (Ef. 4:31). Egpare moet hulle verhouding eerder met goedhartige, tere en medelydende woorde opbou as om hulle huwelik met voortdurende kritiek of bytende sarkasme te ondermyn.—Ef. 4:32.
14. Watter optrede moet ons vermy?
14 Die Bybel sê dat daar “’n tyd [is] om stil te bly” (Pred. 3:7). Dit beteken nie dat ons moet wegkruip agter ’n muur van stilte, wat noodsaaklike kommunikasie belemmer nie. “In so ’n geval”, sê ’n vrou in Duitsland, “kan stilte jou huweliksmaat benadeel.” Maar sy voeg by: “Dis nie altyd maklik om in ’n stresvolle situasie kalm te bly nie, maar dit is nie goed om sommer net stoom af te blaas nie. Sonder om te dink, sê of doen jy dan iets wat jou huweliksmaat kan seermaak, en dit vererger sake net.” Op die ou end los ’n egpaar nie hulle probleme op as hulle op mekaar skreeu of weier om met mekaar te praat nie. Hulle sal eerder hulle huwelik versterk as hulle nie toelaat dat ’n gestry ’n gewoonte word of in lang, uitgerekte woordewisselings ontaard nie.
15. Hoe kan goeie kommunikasie ’n huwelik versterk?
15 Die huweliksband word versterk wanneer ’n egpaar tyd opsysit om oor hulle Kolossense 4:6.) ’n Man en vrou kan hulle huwelik deur middel van goeie kommunikasie versterk as hulle woorde gebruik “wat goed is vir opbouing waar dit nodig is, sodat dit iets gunstigs aan [hulle huweliksmaat] kan meedeel”.—Ef. 4:29.
gevoelens en menings te praat. Hoe ons iets sê, is net so belangrik soos wat ons sê. Daarom moet jy, selfs in moeilike situasies, probeer om op ’n mooi manier te praat, en dit sluit jou stemtoon sowel as jou woordkeuse in. Sodoende sal jy dit vir jou maat makliker maak om na jou te luister. (LeesKOM DIE HUWELIKSPLIG NA
16, 17. Waarom is dit belangrik vir huweliksmaats om ingestel te wees op mekaar se emosionele en seksuele behoeftes?
16 Egpare kan ook ’n sterk huweliksband smee as hulle hulle maat se belange op die hart dra en dit bo hulle eie belange stel (Fil. 2:3, 4). Mans sowel as vrouens moet ingestel wees op die emosionele en seksuele behoeftes van hulle maat.—Lees 1 Korintiërs 7:3, 4.
17 Party huweliksmaats huiwer ongelukkig om geneentheid te toon of hou nie van seksuele intimiteit nie, en party mans is geneig om te dink dat dit onmanlik is om teerheid te betoon. Die Bybel sê: “Mans, julle moet julle vrouens probeer verstaan” (1 Pet. 3:7, Phillips). ’n Man moet verstaan dat die huweliksplig meer as net ’n fisiese daad behels. ’n Vrou sal geslagsomgang waarskynlik meer geniet as haar man altyd teenoor haar liefdevol is, en nie net wanneer hulle seks het nie. As albei liefdevolle bedagsaamheid toon, sal hulle heel waarskynlik mekaar se emosionele en fisiese behoeftes bevredig.
18. Hoe kan ’n man en vrou hulle huweliksband versterk?
18 Hoewel daar geen verskoning is vir huweliksontrou nie, kan ’n gebrek aan teerheid daartoe bydra dat ’n huweliksmaat liefde en intimiteit by iemand anders soek (Spr. 5:18; Pred. 9:9). Daarom spoor die Bybel egpare aan: “Moenie mekaar [die huweliksplig] ontsê nie, behalwe met wedersydse instemming vir ’n vasgestelde tyd.” Waarom? “Sodat Satan julle nie weens julle gebrek aan selfbeheersing bly versoek nie” (1 Kor. 7:5). Hoe tragies sal dit tog wees as ’n egpaar toelaat dat Satan hulle “gebrek aan selfbeheersing” uitbuit en veroorsaak dat een van hulle voor versoeking swig en egbreuk pleeg! Maar as albei huweliksmaats “nie [hulle] eie voordeel nie, maar dié van die ander persoon” soek en die huweliksplig as ’n blyk van liefde nakom, en nie net omdat hy of sy moet nie, kan geslagsomgang die huweliksband versterk.—1 Kor. 10:24.
HOU AAN OM JULLE HUWELIK TE BESKERM
19. Wat moet ons vasbeslote wees om te doen, en waarom?
19 Ons is op die drumpel van die regverdige nuwe aarde. Daarom kan dit vir ons net so rampspoedig wees om voor vleeslike begeertes te swig as wat dit vir die 24 000 Israeliete op die vlaktes van Moab was. Nadat God se Woord daardie skandelike en tragiese gebeurtenis beskryf, gee dit hierdie waarskuwing: “Wie dink dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie” (1 Kor. 10:12). Dit is dus uiters noodsaaklik dat ons ons huwelik versterk deur getrou te bly aan ons hemelse Vader en ons huweliksmaat (Matt. 19:5, 6). Ons moet nou, meer as ooit tevore, ons “uiterste bes doen om uiteindelik deur hom vlekkeloos en smetloos en in vrede bevind te word”.—2 Pet. 3:13, 14.