Hou aan bid vir God se guns
God het die mens ’n unieke geskenk gegee – die vermoë om met hom te praat en hulle gevoelens met hom te deel deur middel van gebed. Die profeet Dawid het gebid: “O Hoorder van gebed, alle soorte mense sal na u toe kom” (Psalm 65:2). Maar hoe kan ons bid sodat ons deur God gehoor en geseën kan word?
BID UIT DIE HART EN MET NEDERIGHEID
Jou persoonlike gebede laat jou toe om jou hart voor God uit te stort – om jou ware gevoelens met hom te deel (Psalm 62:8). Die Almagtige waardeer opregte gebede uit die hart.
GEBRUIK GOD SE PERSOONLIKE NAAM
Hoewel God baie titels het, het hy net een persoonlike naam. “Ek is Jehovah. Dit is my naam” (Jesaja 42:8). Die naam Jehovah verskyn omtrent 7 000 keer in die Heilige Skrif. Baie profete het God op sy persoonlike naam genoem. Abraham het gesê: “Jehovah, . . . asseblief . . . , laat my verder [met u] praat” (Genesis 18:30). Ons moet ook God se naam, Jehovah, gebruik wanneer ons bid.
BID IN JOU EIE TAAL
God verstaan ons gedagtes en gevoelens, maak nie saak watter taal ons praat nie. Sy Woord verseker ons dat “God nie partydig is nie. In elke nasie is die mens wat hom vrees en doen wat reg is, vir hom aanvaarbaar.” – Handelinge 10:34, 35.
Maar om deur God geseën te word, moet ons meer doen as om net te bid. In die volgende artikels gaan ons kyk na wat ons moet doen.