Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Die aarde sal sy opbrengs lewer. God, ons God, sal ons seën.” – PSALM 67:6

Jy kan vir ewig seëninge van ons Skepper geniet

Jy kan vir ewig seëninge van ons Skepper geniet

God het vir die profeet Abraham belowe dat een van sy nakomelinge seëninge vir “al die nasies van die aarde” sal bring (Genesis 22:18). Wie sou daardie persoon wees?

Omtrent 2 000 jaar gelede het God vir Jesus, wat uit die nageslag van Abraham gekom het, die vermoë gegee om kragtige wonderwerke te doen. Daardie wonderwerke het gewys dat die belofte wat aan Abraham gemaak is, deur middel van Jesus vir die nasies moontlik gemaak sou word. – Galasiërs 3:14.

Die wonderwerke wat Jesus gedoen het, het mense gehelp om te sien dat hy die een is wat deur God gekies is om die mens te seën. Dit het ook gewys hoe God hom sal gebruik om die mens vir ewig te seën. Kyk hoe Jesus se wonderwerke party van sy lieflike eienskappe beklemtoon.

Saggeaardheid – Jesus het die siekes gesond gemaak.

Eenkeer het ’n melaatse man Jesus gesmeek om hom gesond te maak. Jesus het aan hom geraak en gesê: “Ek wil!” Die melaatsheid het dadelik verdwyn. – Markus 1:40-42.

Vrygewigheid – Jesus het vir honger mense kos gegee.

Jesus wou nie hê dat mense moes honger ly nie. Hy het meer as een keer wonderdadig duisende mense kos gegee deur ’n paar brode en ’n paar klein vissies te vermeerder (Matteus 14:17-21; 15:32-38). Nadat almal geëet het, was hulle versadig en was daar nog baie kos oor.

Medelye – Jesus het die dooies weer laat lewe.

Die enigste seun van ’n weduwee het gesterf, en daar was niemand anders wat vir haar kon sorg nie. Jesus het “baie jammer vir haar gevoel” en het haar seun weer laat lewe. – Lukas 7:12-15.