Wat sê die Bybel?
Verhoor God alle gebede?
DINK JY HY VERHOOR DIE GEBEDE VAN . . .
Almal
Party mense
Niemand
WAT DIE BYBEL SÊ
“Jehovah is naby almal . . . wat hom in waaragtigheid aanroep.”—Psalm 145:18.
WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?
God luister nie na die gebede van mense wat teen hom in opstand kom nie (Jesaja 1:15). Maar hulle kan “sake [met hom] regstel” deur hulle weë te verander.—Jesaja 1:18.
God verhoor slegs gebede wat ooreenstem met die vereistes wat hy in die Bybel uiteengesit het.—1 Johannes 5:14.
Moet ons in ’n spesiale posisie bid?
PARTY MENSE GLO dat hulle altyd moet kniel, hulle hoof moet buig of hulle hande bymekaar moet hou wanneer hulle bid. Wat dink jy?
WAT DIE BYBEL SÊ
God het geluister na gebede van mense wat gesit, gestaan, gelê of gekniel het (1 Kronieke 17:16; 2 Kronieke 30:27; Esra 10:1; Handelinge 9:40). Hy vereis nie dat ons in ’n spesifieke posisie moet wees wanneer ons bid nie.
WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?
God luister na die gebede van mense wat nederig is.—Psalm 138:6.
Jy kan in enige taal of selfs stilletjies bid. —2 Kronieke 6:32, 33; Nehemia 2:1-6.