Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Besoek aan ’n merkwaardige drukkery

’n Besoek aan ’n merkwaardige drukkery

’n Besoek aan ’n merkwaardige drukkery

DIT is dalk nie die eerste keer dat jy ’n nommer van hierdie tydskrif sien nie. Jehovah se Getuies het jou moontlik al by jou huis besoek en Die Wagtoring en Ontwaak! vir jou aangebied om jou te help om die Bybel beter te verstaan. Of miskien het jy al gesien dat die Getuies hierdie Bybellektuur op straat of by ’n plaaslike mark versprei. Trouens, die maandelikse oplaag van hierdie tydskrif is oor die 35 miljoen, wat dit verreweg die wyds verspreide tydskrif van sy soort ter wêreld maak.

Maar het jy al ooit gewonder waar en hoe al hierdie lektuur gedruk word? Om dié vraag te beantwoord, kan ons een van die talle drukkerye wat Jehovah se Getuies in verskillende lande gebruik, besoek—die een in Wallkill, New York, VSA. Baie van ons lesers regoor die wêreld kan nie sommer na die drukkery van Jehovah se Getuies in die Verenigde State reis nie; dié toer deur middel van woorde en prente is dus ’n goeie alternatief.

Die drukproses begin natuurlik met die geskrewe woord. Materiaal wat gedruk moet word, word deur die Grafiesekunsafdeling ontvang via elektroniese lêers van die Skryfafdeling in Brooklyn, New York. Hierdie lêers word gebruik om drukplate te maak. In Wallkill word daar elke maand ongeveer 1 400 rolle papier afgelewer by die drukkery, wat omtrent 80 tot 100 ton papier per dag gebruik. Die rolle—waarvan party meer as 1 300 kilogram weeg—word in vyf rolperse ingevoer, waarop die drukplate gemonteer is. Die papier word gedruk, gesny en gevou in katerns met 32 bladsye. Die tydskrif wat jy nou lees, is een katern. Wat van boeke? In die boekbindery word die katerns saamgebind om boeke te maak. Een van die twee boekbinderye kan 50 000 hardebandboeke of 75 000 sagtebandboeke op net een dag lewer. Die ander bindery kan omtrent 100 000 sagtebandboeke per dag produseer.

Gedurende 2008 het hierdie drukkery ver oor die 28 000 000 boeke gedruk, waarvan meer as 2,6 miljoen Bybels was. In dieselfde tydperk is 243 317 564 tydskrifte gedruk. Die drukkery hou hierdie Bybellektuur in sowat 380 tale in voorraad. Wat gebeur nadat die lektuur gedruk is?

Die drukkery ontvang aanvrae van die 12 754 gemeentes van Jehovah se Getuies op die vasteland van die Verenigde State en 1 369 op die Karibiese Eilande en Hawaii. Die Versendingsafdeling verpak al hierdie aangevraagde items en reël vervoer na die gepaste adresse. Elke maand word sowat 14 miljoen kilogram lektuur na gemeentes in die Verenigde State uitgestuur.

Die belangrikste element van hierdie drukkery is nie masjiene nie, maar mense. Meer as 300 werk in die drukkery-afdelings—Grafiese kuns, Produksiebeplanning, Perskamer, Boekbindery en Versending. Die werkers—almal onbetaalde vrywilligers—is tussen 19 en 92 jaar oud.

Hulle stel opreg belang in mense—die persone wat hierdie lektuur gretig sal ontvang en deur die Bybelbeginsels daarin geleer, bemoedig en gerig sal word. Ons hoop dat jy een van hierdie lesers is en dat die lektuur wat hier gedruk word, jou sal help om aan te hou om kennis van Jehovah God en Jesus Christus in te neem, wat die ewige lewe beteken.—Johannes 17:3.

[Prente op bladsy 16]

[Volbladillustrasie op bladsy 17]