Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Man wat geloof in God se beloftes gehad het

’n Man wat geloof in God se beloftes gehad het

Vir ons jongmense

’n Man wat geloof in God se beloftes gehad het

Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die hoofkarakters.

ONTLEED DIE TONEEL.—LEES GENESIS 12:1-4; 18:1-15; 21:1-5; 22:15-18.

Beskryf hoe Abraham moontlik gevoel het toe hy God se belofte hoor dat hy ’n voorvader sou wees van ’n “saad” waardeur die hele wêreld geseën sou word.

․․․․․

Hoe dink jy het die drie besoekers gelyk wat in Genesis 18:2 beskryf word?

․․․․․

Hoe stel jy jou die bedrywighede voor wat in Genesis 18:6-8 beskryf word? (Onthou dat Abraham toe amper 100 jaar oud was.)

․․․․․

DELF DIEPER.

Hoeveel tyd het verloop tussen die tyd toe Jehovah aan Abraham ’n seun belowe het en die tyd toe Isak gebore is? (Lees weer Genesis 12:4 en 21:5.)

․․․․․

Watter versekerings het Jehovah Abraham dwarsdeur die wagtyd gegee? (Lees Genesis 12:7; 13:14-17; 15:1-5, 12-21; 17:1, 2, 7, 8, 15, 16.)

․․․․․

Wat het Jehovah vir Abraham gedoen toe Abraham getoon het dat hy nie heeltemal seker was of hy ’n seun sou hê nie? (Lees weer Genesis 15:3-5, 12-21.)

․․․․․

Hoe het Jehovah besonderhede oor die “saad” geleidelik geopenbaar?

․․․․․

PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .

Die belangrikheid van geloof in God se beloftes

․․․․․

Hoe Jehovah sy wil geleidelik openbaar.

․․․․․

WATTER ASPEK VAN HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?

․․․․․