Hoe het Jesus die politiek beskou?
Hoe het Jesus die politiek beskou?
DIE Evangelieskrywers beskryf ’n aantal gebeure in Jesus se bediening wat hom die geleentheid gegee het om by die politiek betrokke te raak. Byvoorbeeld, kort ná Jesus se doop op ongeveer 30-jarige ouderdom het die Duiwel hom die posisie van wêreldheerser aangebied. Later in sy bediening wou ’n skare mense hom hulle koning maak. Nog later wou mense hê dat hy ’n politieke aktivis moes wees. Hoe het Jesus hierop gereageer? Kom ons bespreek hierdie gebeure.
Wêreldheerser. Die Evangelieverslae sê dat die Duiwel Jesus heerskappy oor “al die koninkryke van die wêreld” aangebied het. Dink net hoeveel Jesus ten behoewe van die lydende mensdom sou kon vermag het as hy ’n wêreldheerser was! Watter polities gesinde persoon wat opreg besorg is oor die welsyn van die mensdom sou so ’n aanbod van die hand kon wys? Maar Jesus het geweier om die aanbod te aanvaar.—Matteus 4:8-11.
Koning. Baie van Jesus se tydgenote wou baie graag ’n heerser hê wat hulle ekonomiese en politieke probleme kon oplos. Omdat mense beïndruk was deur Jesus se vermoëns, wou hulle hê dat hy by die politiek betrokke moes raak. Hoe het hy hierop gereageer? Die Evangelieskrywer Johannes sê: “Omdat Jesus geweet het dat hulle op die punt staan om hom te kom gryp om hom koning te maak, het hy weer na die berg weggegaan, heeltemal alleen” (Johannes 6:10-15). Dit is duidelik dat Jesus geweier het om enigiets met die politiek te doen te hê.
Politieke aktivis. Let op wat enkele dae voor Jesus se teregstelling gebeur het. Dissipels van die Fariseërs, wat onafhanklikheid van die Romeinse Ryk voorgestaan het, tesame met Herodiane, lede van ’n politieke party wat ten gunste was van Rome, het Jesus genader. Hulle wou hom dwing om ’n politieke standpunt in te neem. Hulle het gevra of die Jode belasting aan Rome moes betaal.
Markus het Jesus se antwoord opgeteken: “‘Waarom stel julle my op die proef? Bring vir my ’n denarius om na te kyk.’ Hulle het een Markus 12:13-17). Die boek Church and State—The Story of Two Kingdoms lewer kommentaar oor die rede vir Jesus se antwoord en sê: “Hy het geweier om as ’n politieke messias op te tree en het ’n duidelike grens gestel tussen wat die keiser toekom en wat God toekom.”
gebring. En hy het vir hulle gesê: ‘Wie se beeld en opskrif is dit?’ Hulle het vir hom gesê: ‘Die keiser s’n.’ Jesus het toe gesê: ‘Betaal aan die keiser terug wat aan die keiser behoort, maar aan God wat aan God behoort’” (Christus het nie onverskillig gestaan teenoor probleme soos armoede, korrupsie en ongeregtigheid nie. Trouens, die Bybel toon dat hy diep geraak is deur die ellendige toestand van die mense om hom (Markus 6:33, 34). Nogtans het Jesus nie ’n veldtog onderneem om die wêreld van ongeregtighede te bevry nie, hoewel party hard probeer het om hom by die omstrede kwessies van sy dag te betrek.
Hierdie voorbeelde toon duidelik dat Jesus geweier het om by politieke aangeleenthede betrokke te raak. Maar wat van hedendaagse Christene? Wat moet hulle doen?