Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kan jy godsdiens vertrou wanneer dit kom by sedes?

Kan jy godsdiens vertrou wanneer dit kom by sedes?

“Baie van die studente saam met wie ek op kollege was, het gesê dat hulle godsdienstig is”, sê Sylvia, ’n gesondheidswerker. “Maar hulle het in toetse gekul en dwelms gebruik. Godsdiens het glad nie ’n uitwerking op hulle persoonlike lewe gehad nie.”

’n Man met die naam Lionel sê: “My werksmaats vertel leuens en neem siekteverlof wanneer hulle nie werklik siek is nie. Godsdiens is iets wat hulle het, maar nie gebruik nie—soos ’n meubelstuk wat ’n mens net vir die vertoon het.”

Godsdiens het nie ’n groot invloed op die sedes van die meeste mense nie. Vandag is daar baie wat “’n vorm van godvrugtige toegewydheid het maar die krag daarvan verloën” (2 Timoteus 3:5). Hulle godsdiensleiers stel nie die regte voorbeeld nie, en die geestelikes gee hulle kuddes nie die nodige skriftuurlike raad om volgens goeie sedes te lewe nie. Dit is geen wonder dat baie glo dat dit nie vir God saak maak hoe hulle lewe nie.

WAT LEER DIE BYBEL?

Die Bybel toon dat God gevoelens het en dat ons gedrag beslis vir hom saak maak. Toe die Israeliete van ouds teen God in opstand gekom het, “het hulle hom . . . gekrenk” (Psalm 78:40). Maar daar is groot ‘vreugde in die hemel’ wanneer iemand opregte berou toon en sy verkeerde gedrag laat vaar (Lukas 15:7). Wanneer iemand ons hemelse Vader se pragtige eienskappe begin waardeer, sal sy liefde vir God toeneem, en dit sal hom beweeg om lief te hê wat God liefhet en te haat wat God haat.—Amos 5:15.

WAT VAN JEHOVAH SE GETUIES?

Jehovah se Getuies “help mense om gesinsbande te versterk en om produktiewe en eerlike burgers te word”, het die Deseret News van Salt Lake City, Utah, VSA, gesê. Die koerant het bygevoeg: “Lede leef in ooreenstemming met ’n streng sedewet. Hulle glo dat rook, oormatige drinkery, dwelmmisbruik, dobbelary, seksuele losbandigheid en homoseksualiteit gebruike is wat geestelik nadelig is.”

Het godsdiensleiers hulle kuddes gehelp om God se sedelike standaarde toe te pas?

Hoe vind die Getuies daarby baat om van God se persoonlikheid te leer? Sylvia, wat vroeër genoem is, sê: “Bedrog is algemeen onder gesondheidswerkers. Dit sou maklik wees om daarmee saam te gaan. Maar ek verstaan hoe Jehovah * daaroor voel, en dít help my om te doen wat reg is. Ek is gelukkig en het gemoedsrus.” Sylvia is oortuig daarvan dat haar lewe beter is omdat sy in ooreenstemming met haar godsdiensoortuigings lewe.

^ par. 9 Jehovah is die naam van God soos dit in die Bybel geopenbaar word.