Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | GOD SE KONINKRYK—WAT KAN DIT VIR JOU BETEKEN?

God se Koninkryk—Wat sal dit vir jou beteken?

God se Koninkryk—Wat sal dit vir jou beteken?

Jy het waarskynlik uit die vorige artikels afgelei dat God se Koninkryk baie vir Jehovah se Getuies beteken. En miskien het party van die toekomstige seëninge van God se Koninkryk wat bespreek is, jou belangstelling gewek. Terselfdertyd wonder jy dalk of hierdie beloftes te goed is om te glo.

Dit is verstandig van jou om eerder versigtig te wees as om alles te glo wat jy hoor (Spreuke 14:15). In party opsigte kan jou versigtigheid vergelyk word met dié van die eertydse Bereane. * Toe die Bereane vir die eerste keer van die goeie nuus van die Koninkryk vertel is, het hulle aanvaar wat hulle gehoor het, maar nie bloot omdat hulle wou hê dat dit waar moet wees nie. Hulle het eerder die Skrif sorgvuldig ondersoek om vas te stel “of hierdie dinge so was” (Handelinge 17:11). Met ander woorde, die Bereane het die goeie nuus wat hulle gehoor het, vergelyk met wat die Skrif sê. Ná verloop van tyd was hulle oortuig dat die goeie nuus werklik stewig op God se Woord gegrond is.

Jehovah se Getuies nooi jou hartlik om dieselfde te doen. Ons gratis Bybelstudieprogram bied jou die geleentheid om Jehovah se Getuies se opvattings omtrent God se Koninkryk te vergelyk met wat die Bybel leer.

Jou studie van die Bybel sal jou nie net help om oor God se Koninkryk te leer nie, maar ook om die antwoorde te vind op party van die belangrikste vrae in die lewe.

  • Waar het ons vandaan gekom?

  • Wat is die doel van die lewe?

  • Waarom laat God lyding toe?

  • Wat gebeur wanneer ons sterf?

  • Sal die aarde vernietig word?

  • Wat is die sleutel tot ’n gelukkige gesinslewe?

’n Studie van die Bybel sal jou bowenal help om “nader aan God [te kom]” (Jakobus 4:8). En hoe nader jy aan God kom, hoe meer sal jy sien dat God se Koninkryk vir jou goeie dinge kan beteken—nie net nou nie, maar vir ewig. Jesus self het in gebed vir sy Vader gesê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”—Johannes 17:3.

 

^ par. 4 Berea was ’n stad in eertydse Masedonië.