Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Kan ons weet wat die waarheid omtrent God is?

Waarom wil God hê dat ons die waarheid moet weet? Lees Johannes 17:3

God het met die mens gekommunikeer. Hy het sy heilige gees, of werkende krag, gebruik om sy gedagtes in die verstande van Bybelskrywers te sit (2 Petrus 1:20, 21). Ons kan die waarheid oor God uitvind deur die Bybel te lees.Lees Johannes 17:17; 2 Timoteus 3:16.

God vertel vir ons baie omtrent homself in die Bybel. Hy openbaar waarom hy die mens geskep het, wat hy vir die mensdom sal doen en hoe hy wil hê ons moet lewe (Handelinge 17:24-27). Jehovah God wil hê dat ons die waarheid omtrent hom moet weet.Lees 1 Timoteus 2:3, 4.

Waarom aanvaar God graag mense wat die waarheid liefhet?

Jehovah is die God van waarheid, en hy het sy Seun, Jesus, gestuur om mense die waarheid te leer. Dit is waarom mense wat die waarheid liefhet, tot Jesus aangetrokke is (Johannes 18:37). God soek sulke mense om hom te aanbid.Lees Johannes 4:23, 24.

Deur valse leringe oor God te versprei, het Satan die Duiwel veroorsaak dat baie mense God nie leer ken het nie (2 Korintiërs 4:3, 4). Mense wat nie lief is vir wat goed is nie, word tot sulke valse leringe aangetrek (Romeine 1:25). Maar miljoene opregte mense vind uit wat die waarheid oor God is deur die Bybel te bestudeer.Lees Handelinge 17:11.