Spring na inhoud

Het God die Duiwel geskep om ons te toets?

Het God die Duiwel geskep om ons te toets?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybel toon dat God nie die Duiwel geskep het nie. Hy het eerder die persoon geskep wat die Duiwel geword het. Die Bybel sê aangaande God: “Volmaak is sy werk, want al sy weë is geregtigheid. ’n God van getrouheid, by wie daar geen onreg is nie; regverdig en reg is hy” (Deuteronomium 32:3-5). Uit hierdie woorde kan ons aflei dat Satan die Duiwel eens op ’n tyd volmaak en regverdig was, dit wil sê een van God se engeleseuns.

 In Johannes 8:44 het Jesus gesê dat die Duiwel ‘nie in die waarheid vasgestaan het nie’ wat impliseer dat Satan eens op ’n tyd wel eerlik en onskuldig was.

 Maar soos die res van Jehovah se intelligente skepsele, het die engel wat Satan geword het, die vryheid gehad om tussen reg en verkeerd te kies. Deur te kies om ’n weg van verset teen God in te slaan en die eerste mensepaar oor te haal om by hom aan te sluit, het hy homself Satan gemaak, wat “Teenstander” beteken.—Genesis 3:1-5; Openbaring 12:9.