Spring na inhoud

Die binnekant van ’n beskadigde winkelsentrum in General Santos City, Filippyne

23 NOVEMBER 2023
FILIPPYNE

’n Groot aardbewing tref die suide van die Filippyne

’n Groot aardbewing tref die suide van die Filippyne

Op 17 November 2023 was daar ’n aardbewing van 6,7 onder die water naby die suide van die Filippyne. Die aardbewing het omtrent 26 kilometer suid van die eiland Mindanao plaasgevind. In die Davao-streek, General Santos City en Sarangani-provinsie is verskeie geboue, insluitende regeringsgeboue, skole en winkelsentrums, beskadig. Baie huise is ook beskadig.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Ongelukkig het 1 suster gesterf

  • 10 broers en susters is beseer. Een van hulle is ’n kringopsiener se vrou wat in die hospitaal is, maar sy is stabiel

  • 4 huise is erg beskadig

  • 4 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 2 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • ’n Noodlenigingskomitee is aangestel om na die noodlenigingswerk om te sien

  • Kringopsieners en ouermanne hou aan om dié te besoek en aan te moedig wat deur die aardbewing geraak is

Ons bid vir ons broers en susters wat deur die aardbewing geraak is, en ons sê dankie vir dié wat na hulle omsien. Ons is oortuig dat ten spyte van die kritieke en moeilike tye waarin ons lewe, Jehovah, ons Rots, ons die krag sal gee om te volhard. – 1 Samuel 2:2.