Spring na inhoud

17 FEBRUARIE 2014
FILIPPYNE

Jongste nuus: Jehovah se Getuies voorsien noodleniging ná die supertifoon Haiyan

Jongste nuus: Jehovah se Getuies voorsien noodleniging ná die supertifoon Haiyan

MANILA, Filippyne—In reaksie op die groot verwoesting wat deur die supertifoon Haiyan gesaai is, het Jehovah se Getuies reëlings getref om vanaf regoor die wêreld voortgesette noodleniging in die Filippyne te voorsien.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Manila het vyf noodlenigingskomitees gevorm om op doeltreffender wyse aan slagoffers hulp te voorsien. Meer as 190 ton voorrade is al na die Sentraal-Filippyne gestuur. Getuies van ten minste 10 lande het aangebied om met die noodlenigingspogings te help. Vrywilligers help om meer as 2 000 huise te herbou of te herstel of hulle voorsien mediese hulp.

Soveel as 225 mense bly nog steeds in tente wat deur die Getuies in ’n hervestigingsgebied naby die stad Calbayog, in Samar, opgeslaan is. Ongeveer 15 tot 20 persent van diegene wat daar toevlug soek, is nie Getuies nie.

In die nadraai van een van die hewigste storms wat nog ooit die land getref het, het die aantal sterftes tot 6 201 gestyg, en 1 785 mense word nog steeds vermis. Ongeveer 28 000 mense is beseer, en meer as ’n miljoen huise is beskadig. Die Filippynse takkantoor van Jehovah se Getuies in Manila het bevestig dat 33 Getuies omgekom het en dat 10 vermis word en vermoedelik dood is.

Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, besoek slagoffers van die ramp.

Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, het op 7 Desember 2013 begin met ’n sewe dae lange besoek aan die vyf provinsies in die rampgebied. Hy sê: “Die tragiese gevolge van die tifoon Haiyan het nog steeds ’n diepgaande uitwerking op baie in die Filippyne; ons is nogtans voorbereid om aan te hou om die nodige voorrade, mannekrag en vertroosting te voorsien om die slagoffers te help.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Filippyne: Dean Jacek, tel. +63 2 411 6090

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000