Spring na inhoud

18 SEPTEMBER 2023
HONGKONG

Reënstorms veroorsaak oorstromings in Hongkong

Reënstorms veroorsaak oorstromings in Hongkong

Vanaf 7 tot 8 September 2023 het swaar reënstorms oorstromings in Hongkong veroorsaak. In net 24 uur het byna 60 sentimeter reën in Hongkong geval – ’n kwart van hulle jaarlikse reënval. Die plaaslike owerhede en inwoners het ook nog gesukkel met die gevolge van supertifoon Saola, wat die gebied net ’n week vroeër getref het. Die groot hoeveelheid reën het tot geweldige oorstromings en grondstortings gelei wat groot skade aan eiendomme en infrastruktuur regoor Hongkong veroorsaak het. Baie inwoners is beseer of moes hulle huise verlaat.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Ongelukkig het 1 broer in die oorstromings gesterf

  • 1 huis is beskadig, maar nie te erg nie

  • Geen Koninkryksale is beskadig of vernietig nie

Noodlenigingspogings

  • Plaaslike ouermanne voorsien praktiese en geestelike hulp aan diegene wat deur die oorstromings geraak is

Ons is hartseer oor die dood van ons geliefde broer en sien uit na die dag wanneer “die God van alle vertroosting” natuurrampe en hulle tragiese gevolge sal wegneem. – 2 Korintiërs 1:3.