22 JULIE 2024
RUSLAND
Broer Waleri Bailo word tot tronkstraf gevonnis
Op 3 Julie 2024 het die Abinski-distrikshof van die Krasnodar-gebied broer Waleri Bailo skuldig bevind en hom ’n tronkvonnis van twee jaar en ses maande gegee. Hy sal in aanhouding bly.
Profiel
Ons is vol vertroue dat Jehovah sal aanhou om Waleri en al ons broers en susters wat in die tronk is, met Sy “ewige liefde” te beskerm. – Jeremia 31:3.
Tydlyn
28 Maart 2024
Kriminele saak word gemaak
2 April 2024
Word ondervra en krimineel aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie. Word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas
4 April 2024
Word na ’n detensiesentrum voor sy verhoor oorgeplaas
26 Junie 2024
Kriminele verhoor begin
3 Julie 2024
Nadat Waleri net drie keer in die hof verskyn het, het die regter hom skuldig bevind en hom ’n tronkvonnis van twee jaar en ses maande gegee